Nr 75

Augustus 2003

Indeks:

2004 Landwye Henning Fees

Op 21 Julie 2004 sal ons Familiebond presies twintig jaar oud wees. Dit is sekerlik van pas om so 'n gebeurtenis met net so 'n groot fees te herdenk, as wat ons ons vyf - en tienjarige bestaan herdenk het. Waar die vyfjarige fees te Aliwal-Noord en die tienjarige fees te Bloemfontein gehou is, het ons in die vorige Haantjie van Mei 2003 'n uitdaging gerig aan die Hennings in die Pretoria/Johannesburg omgewing om 'n groot fees te organiseer. Die oorgrote meerderheid Hennings woon te Pretoria, Johannesburg en die Oos- en Wes Rand. Ons is van mening dat 'n naweek gedurende Oktober 2004 'n goeie tyd kan wees om so 'n fees te hou.

Mauritz Henning van Theresapark, Pretoria-Noord het die uitdaging aanvaar en het ingewillig om as koördineerder op te tree. Nou moet ons ander Hennings net hul kant begin bring en vir Mauritz bystaan. Ons soek soveel as moontlik vrywilligers om te help met die reëlings - hoe meer hande, hoe ligter die werk.

Die bestuur van die Familiebond het aangedui dat 'n bedrag van R5 000.00 beskikbaargestel kan word om enige reëlings van die grond af te kry. Ons hoop natuurlik dat soveel Hennings die fees sal bywoon, dat die fees sy eie koste sal kan dra.

Skakel asseblief vir Mauritz by die volgende telefoonnommer - 012 542 5549, of op sy loopfoon - 082 821 0214. Selfs al help u net deur voorstelle deur te gee ten opsigte van 'n geskikte plek, program, ens. sal dit al baie help. Op hierdie stadium soek ons veral iemand wat 'n kontak by die Departement Binnelandse Sake het, om die adresse van al die Hennings op die Nasionale Kieserslys vir ons te kry - veral nadat die kieserslys gedurende Maart/April 2004 hersaamgestel is.

Henning Aandenkings

Met die oog op die 2004 Henning fees het ons weer 'n aantal mansjetknope en lapelwapens laat vervaardig. Saam met ons teelepels, suikerlepels en koekvurkies is hierdie items gesogte versamelstukke, waarop enige Henning trots sal wees.

Kom ons Henning mans begin weer die mooi en deftige gebruik om mansjetknope te dra. Mans kan verseker wees dat hulle talle komplimente en bewondering sal ontvang by die dra van 'n paar Henning mansjetknope.

Pryse van die onderskeie items is as volg:

1. Mansjetknope - R50.00 per stel (Posgeld en verpakking = R15.00 [weens die dikte van die pakkie])

2. Lapelwapens - R18.00 elk (Indien alleen bestel word, is posgeld en verpakking R6.00. Indien bestel word saam met mansjetknope is daar geen addisionele posgeld nie)

3. Teelepels en suikerlepels (goud) - R20.00 elk (Posgeld en verpakking - R6.00 indien 3 of minder items bestel word. Indien saam met mansjetknope bestel word, is daar geen addisionele posgeld totdat die gewig 1 Kg bereik)

4. Koekvurkies (silwer) - R16.00 elk (Posgeld en verpakking soos vir 3).

5. Skryfblokke - R24.00 elk (blok van 50 bladsye). Posgeld en verpakking soos vir 3.

Ons herrinner u graag aan die Henning Laserskywe (CD), met die volledige Familiekroniek wat teen R150.00 elk beskikbaar is. Posgeld en verpakking R6.00.

Die Henning Familiekroniek in boekvorm is ook nog beskikbaar teen R250.00 per boek ('n A4 grootte boek van 368 bladsye wat 1.33 Kg weeg) Posgeld (versekerde pos) enverpakking R29.00. Alle Hennings sal hierdie prag-publikasie met trots aan hul familie en vriende kan vertoon.

Indien u nie self in enige van die items belangstel nie, vertel gerus aan al u familie en ander Henning's daarvan.

'n Koerantberig uit 1870

'n Beriggie in die "Aliwal Observer" van 16 Julie 1870 het ons aandag getrek. Die beriggie lui as volg:

MELANCHOLY ACCIDENT

The following particulars of a melancholy accident to a child of Mr Stephanus Henning, of this district, have been reported to us by one of the family. It appears that, on Monday evening last, Mr S Henning was returning home from his uncle's in an open wagon, in which was seated his wife with three children, of the respective ages of 6, 4 and 2 years old. The wagon was proceeding at a rapid pace, and the road it was travelling along was anything but good. Upon crossing a deep sluit and as the wagon was going out of it, one of the elder children was rolling out, the mother (not knowing that the wagon was just going into a second sluit) rose up to the assistance of the child. The sudden jerk of the fore-stell going into the sluit caused her (the mother) to lose her balance, the youngest child fell out of her arms and dreadful to relate - fell under the hind wheel just as it was descending into the sluit. The wheel came into contact with and passed over the poor child's head - crushing it to pieces - death, of course, was instantaneous.

Die enigste persoon in die Henning Familiekroniek wat in hierdie prentjie inpas is b7.c1.d7. Stephanus Petrus Henning *9-12-1843 en sy vrou Cecilia Catharina Johanna (gebore Möller) van die plaas Sterkfontein, in die Aliwal-Noord distrik. Die plaas bestaan vandag nog en kan gevind word op die pad tussen Aliwal-Noord en Jamestown. Die sterfregisters van Stephanus Henning en sy vrou dui aan dat hulle slegs een dogter gehad het. Dit blyk dus dat nog 'n kind klein moes gesterf het, bo-en-behalwe die een wat in hierdie ongeluk gesterf het.

Stephanus Henning se ouers (Pieter Hendrik - en Elizabeth Catharina Henning) was die eerste Hennings wat in die omgewing van die latere Aliwal-Noord gaan woon het - tussen 1830 en 1833 op die plaas Sterkfontein. Inderwaarheid was hulle slegs die derde blanke gesin wat hulle hier gevestig het - slegs 'n De Wet familie en 'n Joubert familie het voor hulle hier gewoon.

Hoewel hierdie gedeelte van die land (die distrikte Burgersdorp, Aliwal-Noord, Jamestown, Molteno, Dordrecht, ens.) vandag "Xhosa-wêreld" is, was dit gedurende die 1830's niemandsland, weens die onherbergsaamheid daarvan - bittere koue gedurende winter; geen oppervlakte water; geen brandhout; gereelde droogtes. Die mense van Afrika was nie instaat om onder hierdie omstandighede te oorleef nie en het die gebied vermy. Slegs geharde, beskaafde mense wat in staat was om vir hulself te dink en te beplan, was in staat om hier te oorleef en dit bewoonbaar vir almal te maak. Die Henning's, De Wet's en Joubert's het so goed gesorg vir die "mense wat agtergebly het", dat hulle onbeheers aangeteel en vandag in beheer van hierdie distrikte (en die land) is.

Die ironie van die saak is dat "ons mense" vandag uitgeskel word dat ons hierdie distrikte van die agtergeblewenes gesteel het.

Henning Kinders Presteer in die Digkuns

Die "Poetry Institute of Africa" versamel jaarliks alle gedigte wat deur Suid- Afrikaanse kinders geskryf word. Dit word in twee kategorieë gedoen, nl. kinders 12 jaar en jonger en kinders 13 - 18 jaar. Die Instituut ontvang letterlik duisende gedigte in beide kategorieë, vanaf alle skole in Suid-Afrika.

Vir die jaar 2002 is die 200 beste Afrikaanse gedigte in beide kategorieë, in twee digbundels gepubliseer - Reënboog Sterretjies - Versameling Verse vir die kategorie 12 jaar en jonger en Hartseer Troebadoer - Versameling Verse vir die kategorie 13 - 18 jariges.

In beide kategorieë is gedigte van Henning dogters opgeneem. In die kategorie 12 jaar en jonger het b7.c8.d8.e1.f2.g2.h2. An‚l Henning *22-8-1989 presteer deur die vierde prys te verower - 'n buitengewone prestasie as mens in ag neem dat letterlik duisende gedigte beoordeel is. An‚l is die dogter van Stanley - en Mary-Ann Henning van Wierdapark, Centurion. Sy was gedurende 2002 'n leerling van die Laerskool Wierdapark.

Reynette Henning *31-10-1986 van die Hoërskool Bastion se gedig is in die kategorie vir 13 - 18 jariges opgeneem. Haar ouers is Herman Henning en Estell van den Berg. Ongelukkig weet ons nie waar sy in die Henning Familiekroniek inpas nie.

Beide dogters se gedigte volg hier onder:

Anél Henning het in die kategorie 12 jaar en jonger deelgeneem.

Die Bang van Verlang (Anél Henning - sy het in die kategorie 12 jaar en jonger deelgeneem)

Dis 'n koue wintersnag
Na 'n lekker warm dag.
Die wind ruk en pluk die golwe neer
Teen 'n groot ou rots - met 'n wil.
Dat ek opnuut my baadjie om my hul.
Ek is bly ek is nie nou op die see.


Dan - wanneer ek dink oor my ouers op die see;
Gee my bene opnuut mee.
En voel dit asof daar golwe slaan,
In my maag heen en weer.
Ek wens hulle het nie gegaan.
Soos dit nou lyk word hulle seker
Deur die groot kragtige golwe middeldeur geslaan.
Nou wens ek ewe skielik die maan kan praat.
Dan kan ek vra waar my ouers is.
Dit sal my ten minste nader bring aan rus.
O, as hul gaan, gaan ek hulle met groot verlange mis.
Maar ten minste weet ek dan
Dat hul veilig in die hemel rus.

Reynette Henning het in die kategorie 13-18 jaar deelgeneem.

Lewe
(Reynette Henning - het i die kategorie 13 - 18 jaar deelgeneem)
Die lewe laat my dink aan 'n dans
In 'n groen tuin vol kabbelende water
Met visse wat daarin rondswem ...
En ek kan bly
Al word dit later.

Elke passie het sy eie kenmerke,
Soms sal jy sweef of tol en draai.
Party is goed
ander is beter ...maar
die wind moet ook waai.

Die dans kan net so goed bly
terwyl die storm ontstaan.
Konsentreer ...
Dink net aan een ding:
Glo in die rustige standvastige maan

Na 'n ruk sal die storm bedaar
en jou dans kan weer begin!
Almal kan weer bly wees
want ... Die lewe is 'n wonderlike ding!

Navorsing in Lippstadt deur Past Fowels-Landmark

Pastor Bjarne Fowels-Landmark van Noorweë wat vrywilliglik help met navorsing na die Henning familie in Duitsland

Pastor Bjarne Fowels-Landmark van Hjelmeland, Noorweë, wat 'n Henning nasaat en lid van ons Familiebond is, het onderneem om persoonlik navorsing in Lippstadt, Duitsland te gaan doen, wanneer hy 'n geleentheid kry. Die groot voordeel hiervan is dat hy, as 'n Lutherse predikant, Duits vlot magtig is en maklik die kultuur, skrif en taal van die sewentiende eeuse doopregisters sal verstaan.

Sy brief in hierdie verband lui as volg:

Dear Olie,

I am fully aware of the necessity to visit the Lippstadt area. Only sorry I have not been able to leave yet. I understand I got to go and also stay for some time, and got to be able to move around somehow. I would like to personally see the church registers as well. I have friends in Hamburg, but that is a bit far away, so I got to find low price accomodation when I get there. Still I hope to be able to go there - and to SA as well later on. When I was in Switzerland last summer, I found the state archives to be helpful. But we got to take it as it comes. For several months all the grapes for sale at our local crocers have been lovely green, red and blue grapes from Cape! Only a few years ago Norway boicotted S.A. export. Now we enjoy them in full. They have been on sale since before X-mas.

I'll send more names of Biblical origin later.

Bjarne.

Driekie Alberts word 90

b9.c1.d4.e6.f1.Frederika Wilhelmina (Driekie) Alberts (gebore Henning) *30-6-1913 het op 30 Junie 2003 'n volle negentig jaar oud geword. Tant Driekie geniet nog goeie gesondheid en is baie trots op haar erelidmaatskap van die Familiebond.

Sy was die oudste van vyf kinders - almal dogters. Sy en haar man het vier dogters, 12 kleinkinders, 13 agterkleinkinders en een agter-agterkleinkind. Wat dit merkwaardig maak is die feit dat die vyf geslagte almal van die vroue-geslag is.

Tant Driekie en al haar nasate - al vyf geslagte - het op 29 Junie 2003, saam met haar vriende 'n ete by die Watergat Restaurant by die Pretoriase Dieretuin bygewoon.

Name met 'n Bybelse Oorsprong

In ons reeks oor name met 'n Bybelse oorsprong gee Pastor Bjarne Fowels-Landmark van Noorweë in hierdie Nuusbrief aandag aan die derde mees populêre naam onder Henning vroue - Elizabeth. Ons stamvader, Pieter Hendrik Henning se vrou, Elizabeth Catharina was die eerste Henning vrou met hierdie naam. Sedertdien het meer as 500 vroulike nasate hierdie naam gekry.

Elizabeth is Greek, but originates in Hebrew. It means "God is my oath". 514 times we find this name used in the Henning family.

Elizabeth was a devoted and god-fearing woman, related to the priest Aaron. She married the priest Zacharias and the couple lived in Ein Karem, not far from Bethlehem. The couple were childless and were getting old when Zacharias was appointed for one year's service in the temple in Jerusalem.

This service was shared among 24 families of "Aaron's sons". Each family chose one priest to be their representative. Zacharias was appointed for the highest office. During his one year service he was to enter the Holy of Holies to burn incense on the altar. An angel appeared before him and told him Elizabeth should bear a son, Johannes (John). Because of disbelief Zacharias became dumb for months.

When his days of ministration were over, he returned home. And lo and behold, Elizabeth became pregnant and "hid herself 5 months".

When her cousin, Virgin Mary, came to visit her, "the babe leaped" in Elizabeth's womb and they praised the Lord. Both women knew they were part of God's salvation plan.

Elizabeth's baby was born 6 months before Jesus. When Johannes (John) was 8 days old, she brought him to be circumcised. Everyone expected the baby to be given his father's name. But she said his name was Johannes. To be on the safe side the father was asked as well. He wrote on a table: His name is John (Johannes). From that moment Zacharias was able to speak again.

A legend tells that John was hidden in a hollowed stone during Herodes' massacre of boy babies.

The name Elizabeth is loved among royalties in Russia, Belgium, Hungary, Romania and England. There is even a St. Elizabeth and a Elizabethan order (Elizabeth of Hungary). Congo had Elizabethville (now Kinshasa), and also one in New Jersey, USA.

The present Queen Elizabeth II of UK is the daughter of King George VI. Port Elizabeth is named after Sir Rufane Donkin's wife, who died tragically in India at the age of 28. She was "one of the most perfect of human being who has given her name to the town below", according to her memorial. Now we know where she got her name from.

B. Fowels-Landmark.

Afsterwe van Hennings

Ons het met leedwese van die afsterwe van die volgende Hennings verneem:

Die foto van Oom Ernest en Tannie Marie is geneem met hulle 54ste huweliksherdenking op 27 Oktober 2002.

b1.c6.d3.e13.f5. Ernest Joseph Henning *30-04-1920 is op 25 Februarie 2003 oorlede in die intensiewesorg-eenheid. van die Medi-kliniek in Bethlehem weens hartversaking.

Oom Ernest was vir 34 jaar in die wolhandel betrokke en het vir 25 jaar op die Stadsraad van Lindley gedien. Hy was onder andere voorsitter van die bestuurskomitee, onderburgemeester, burgemeester, dien op die lisensieraad, die beheerraad van die skool, sekretaris en president van die Lindley Lanbougenoodskap, voordat hy afgetree het en op die plaas Veekop gaan woon het tot sy afsterwe.

Hy laat sy vrou Maria Johanna Henning, sy 4 seuns bl.c6.d3.f5.gl Theunis Phillippus, bl.c6.d3.el3.f5.g2 Stephanus Gerhardus, bl.c6.d3.el3.f5.g3 Ernest Joseph en b1.c6.d3.el3.f5.g4 Marius Henning en agt kleinkinders na.

b6.c4.d1.e5.f3.g1.h1. Willem Frederik Henning *8-11-1931 is die nag van 9 April 2003 wreed in sy huis te Reddersburg met 'n elektriese koord verwurg, waarna die booswigte sy lyk onder die bed weggesteek het en net met twee televiesiestelle weg is. Hy het alleen gewoon, aangesien sy vrou reeds in 2001 oorlede is. Hy was 72 jaar oud en het geen kinders gehad nie. Ongelukkig kon ons nie 'n foto van hom bekom nie.

Cornelia Catharina Jacoba Smit (gebore Henning)

b6.c4.d1.e5.f3.g4. Cornelia Catharina Jacoba Smit (gebore Henning) *8-6-1917 is oorlede op 22 Maart 2003. Sy het as jong onderwys student in Rhodesië gaan vakansie hou en haar eggenoot (Corrie Smit) daar ontmoet. Hulle is kort daarna getroud en sy het in Rhodesië gaan woon. Haar drie kinders het daar opgegroei en net hul Afrikaanse neefs en niggies gesien as hulle met vakansies na Suid Afrika gekom het. In die laat jare sewentig, toe dinge daar so versleg het hulle na Suid Afrika teruggekeer.

Jan Andries Henning en sy vrou Elsie. Sy afsterwe is 'n groot verlies vir die Henning Familiebond

b5.c1.d3.e1.f7.g1. Jan Andries Henning *1-4-1929 is oorlede op 25 Junie 2003 by sy huis te Valhalla, Pretoria. Jan Henning was die eerste Voorsitter van die Henning Familiebond vanaf 21 Julie 1984 tot 1 April 1995 en het 'n besondere bydrae gelewer om die Familiebond tot stand te bring. Ten spyte van ernstige probleme met sy bene, wat hom tot 'n groot mate gekortwiek het, het hy sover as wat dit binne sy vermoë was, sy verpligtinge nagekom.

Jan Henning het op verskeie gebiede presteer. Hy het met die rang Brigadier, met pensioen uit die Weermag getree. Na sy aftrede het die SA Leër nog dikwels van sy dienste en kundigheid gebruik gemaak. Hy dien ook vir 'n tydlank op die Stadsraad van Pretoria.

Gedurende Junie 2003 het Jan vir 'n mediese ondersoek gegaan. Die dokters het daar en dan besluit dat hy dadelik 'n hartomleidingsoperasie moes ondergaan. Die operasie het suksesvol afgeloop. Terwyl hy egter nog in die Intensiewe Sorgeenheid aangesterk het, het hy 'n reeks ernstige hartaanvalle gekry. Medici kon hom egter deurhaal. 'n Tweede reeks hartaanvalle, asook 'n beroerte-aanval 'n paar dae later, het gevolg en weer is hy deurgehaal. Hy wou graag huistoe gaan, ten spyte van die feit dat sy gestel geheel en al afgetakel was en as gevolg hiervan kon hy nie die derde aanslag oorleef nie.




Oom Henning Hennning en sy eggenote, Albertina. Hy was die enigste Henning in Suid-Afrika wat ook die voornaam Henning gehad het.

b7.c13.d5.e1. Johannes Lodewyk (Hannes) Henning *29-7-1923 is op 18 Junie 2003, 'n maand voor sy tagtigste verjaardag te Bellville oorlede. Ongelukkig het ons geen kontak met sy familie nie en het slegs die doodsberig in die Burger gesien.

b1.c3.d10.e10.f4. Henning Willem Jacobus Henning *18-3-1912 is op 11 Julie 2003 in die ouderdom van 91 jaar oorlede. Hy was die enigste Henning in Suid-Afrika wat ook die voornaam Henning gehad het. In "Ons Haantjie" no 73 van Februarie 2003 het ons oom Henning Henning se geskiedenis vertel. Hy en sy eggenote, Albertina met wie hy meer as 60 jaar lank getroud was, het in die Sederberg Aftree-Oord in Pretoria gewoon.

Finansiële Bydraes

Oor die afgelope drie maande het ons donasies van R200.00 en meer van die volgende persone ontvang:

Lizelle Henning van Pretoria wat verlede jaar as 'n Lewenslange lid ingeskryf het en vanjaar weer 'n donasie van R500,00 aangestuur het

Mej Lizelle Henning van Pretoria, wat 'n Lewenslange Lid is - R500.00 JC (Jan) Henning van Hartbeesfontein - R200.00

Mev E E (Ellen) Naudé‚ van Rosslyn wat 'n Lewenslange Lid is, het vir die soveelste keer 'n donasie van R200.00 aangestuur.

Aan hierdie drie lede 'n hartlike woord van dank. Dit is bydraes van hierdie omvang wat die Familiebond werklik vooruit laat boer en ons in staat stel om familiefeeste, soos die fees wat ons vir 2004 beplan, te hou

Ons wil dit egter duidelik stel dat alle bydraes - hoe klein ookal baie welkom is. Ons laat dit aan alle lede oor om self te besluit hoe groot bydrae hulle kan lewer. Daar is ongelukkig nog 20 gesinne wat geen bydrae vir die jaar 2003 gemaak het nie. U bydrae - hoe klein ookal - is vir ons baie belangrik.

HenningWebblad Statistiek

Besoek die Henning Webwerf op Internet by www.henning.org of www.henning.org.za vir 'n trotse ervaring.

Bondsekretaris, Olivier Henning het gedurende die eerste helfte van 1997 lang gesprekke met sy susterskind, Jannetta Lewis, wat te Durham, Engeland woon, gehad oor die moontlikheid om 'n webblad vir die Henning familie op Internet te skep. Jannetta, wat 'n deskundige op hierdie gebied is, het hierna aan die werk gespring en al die gegewens wat Olivier vir haar gegee het, verwerk en 'n webwerf tot stand gebring op die domain naam Henning, wat internasionaal geregistreer is. Sy het volle verantwoordelikheid vir alle kostes verbonde aan die instandhouding van die webwerf, wat duisende Britse Ponde bedra, aanvaar.

Op 28 Junie 1997 het die Henning familie sy verskyning op die Internet gemaak en reg van die begin af was dit duidelik dat ons webwerf 'n groot sukses was, want dit is letterlik deur duisende mense, wêreldwyd, besoek. Die terugvoer, komplimente en addisionele gegewens wat ons ontvang het, het ons stoutste verwagtings oortref. Sedert 1999, het ons statistiek begin byhou ten opsigte van ons webwerf: 1. Die getal mense wat ons webwerf besoek; 2. Die getal mense wat gegewens vanaf ons webwerf aftrek - dus diegene wat werklik in ons webwerf belangstel; 3. Die getal mense van verskillende lande wat ons webwerf besoek het.

BesoekeGegewens Afgetrek
1999 - 54 7021999 - ?
2000 - 104 2482000 - 13 566
2001 - 173 3102001 - 16 682
2002 - 117 1592002 - 19 287

Uit hierdie statistiek is dit duidelik dat daar wel gedurende 2002 'n afname was in die getal mense wat ingeskakel het. Hierdie getal is egter van minder belang. Wat baie meer belangrik is, is die getal mense wat gegewens afgetrek het. Hier ondervind ons 'n konstante groei.

Soos alle voorafgaande jare, was die meeste besoekers gedurende 2002 weereens Suid-Afrikaners, Amerikaners, Britte, Duitsers, Nederlanders, Australiërs, met verskeie Europese lande wat ook goed verteenwoordig is. Uit al die Afrikalande was daar net 5 besoeke vanaf Namibië, 1 vanaf Zambië en 1 vanaf Egipte.

Tussen Olivier Henning, Rudolf Henning van Kuilsrivier en Jannetta Lewis van Durham, Engeland is hulle tans besig om verdere verbeteringe aan die webwerf aan te bring. Daar word egter nog steeds gesoek na mense wat bereid is om te help om die belangrikste gegewens van die webwerf in Engels en Duits te vertaal.

Vroue Diakens in Gereformeerde Kerke

Waar verskeie Henning families van die vroegste Voortrekkers - en Trekboere in die ou Transvaal, Vrystaat en Noord-Oos Kaap was, het dit outomaties gevolg dat baie van hierdie mense lidmate van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika en die Nederduits Hervormde Kerk geword het. Talle van hul nasate is vandag nog lidmate van hierdie kerke.

Die Gereformeerde Kerke het by hul nasionale Sinode van 2002 vir die eerste keer besluit om toe te laat dat vroue in die amp van diaken verkies word. Die Akasia gemeente van die Kerk is een van die eerste gemeentes wat tot die verkiesing van vrouediakens oorgegaan het. Op Sondag 25 Mei 2003 is daar nie minder as 10 vroue diakens verkies, waaronder Ina Henning, vroutjie van b6.c4.d1.e5.f9.g4.h3. Jacobus Hendricus (Jaco) Henning *23-3-1964.

Baie geluk Ina! Mag daar veel seën op jou arbeid wees.

Henning Neefs ontmoet mekaar

Willem (80) - en Mauritz Henning (67) - twee neefs wat mekaar onlangs vir die eerste keer ontmoet het

Was dit nie vir die Henning Familiebond nie, het hierdie twee neefs nooit ontmoet nie. b6.c4.d1.e5.f3.g7. Willem Frederik Henning *17-9-1922 van De Wagensdrif en b6.c4.d1.e5.f9.g6. Mauritz Martin Henning *10-4-1936 van Theresapark, Pretoria-Noord het mekaar onlangs vir die eerste keer in hulle lewens ontmoet. Oom Willem se dogter, Rina Venter, wat ywerig help met genealogiese navorsing na haar voorsate, het die twee in kontak met mekaar gebring.

Hul oupa Henning het veertien kinders gehad, waarvan hulle pa's onderskeidelik die derde en die negende kind was. Die groot ouderdomsverskil tussen die kinders en die feit dat elkeen van hierdie kinders op sy eie ook 'n groot kroos gehad het, het meegebring dat neefs en niggies mekaar nooit ontmoet het nie.

Oom Willem Henning het onlangs 'n Erelid van die Familiebond geword, weens die feit dat hy tagtig jaar oud geword het. Mauritz, daarenteen, het vir etlike jare lank gedien op die bestuur van die Familiebond en tree tans op as ko”rdineerder vir die 2004 Henning Fees.

Sweedse Henning en sy Verloofde

Joachim Henning van Swede en sy verloofde, Stina

Ons het in vorige Nuusbriewe berig oor Joachim Henning van Ärsta, Swede wat by 'n paar geleenthede per e-pos kontak gemaak en ook 'n paar stelle van ons Henning mansjetknope en lapelwapens bestel het. Ons het ook 'n foto van Joachim en die beroemde "James Bond" aktrise, Maud Adams gepubliseer.

Joachim het onlangs weer van hom laat hoor en 'n foto van homself en sy verloofde, Stina, saamgestuur.

Henning Mansjetkope, ens.

KYK HOE MOOI IS HULLE!

So 'n pragtige stel Henning mansjetknope kos slegs R50.00 per stel. Ongelukkig is die posgeld, weens die dikte van die pakkie, R15.00. - maar waar gaan jy nog sulke mooi mansjetknope kry vir R65.00?

As u egter 'n lapelwapen saam met die mansjetknope bestel, teen R18.00, is geen addisionele posgeld betaalbaar nie.

Dieselfde geld vir die suikerlepels en teelepels teen R20.00 elk. Indien laasgenoemde drie afsonderlik bestel word (tot 'n maksimum van drie items), is die posgeld R6.00 per pakkie. Indien meer as drie tee - en suikerlepels bestel word, verdubbel die posgeld.