Nr 59

Augustus 1999

Indeks:

NUWE GEGEWENS OOR ROUXVILLE HENNINGS

Alle genealoë (mense wat familienavorsing doen) sal vir jou sê dat dit baie lekker is as 'n vreemdeling jou uit die bloute bel en 'n afspraak maak om oor familiesake te kom gesels.

b1.c3.d8. Pieter Hendrik Barend Henning * 27-10-1840 en sy vrou Martha Elizabeth Jacoba (gebore Vorster) *7-1-1846 b1.c3.d8.e2. Cecilia Johanna Henning * 17-6-1865. Sy is met Michiel Johan Wichardt  Brummer getroud

In die geval van die Henning familie het dit vir 'n tydlank baie gebeur en was ons Bondsekretaris in staat om 'n redelike volledige kroniek op te bou. Met verloop van jare het dit egter al hoe minder begin gebeur - omdat ons geskiedenis so volledig geboekstaaf is. Daar is egter altyd ruimte vir verbetering en dit het ons onlangs weer, tot ons plesier, uitgevind toe mnr Pieter Lünd, 'n plaasboer van Beaufort-Wes die Bondsekretaris geskakel en 'n afspraak gemaak het om te kom kuier. Hy het dit gedoen op aanbeveling van oom Piet Henning (92) (die generaal) van Zastron.


b1.c3.d8.e1. Jan Hendrik Henning * 12-12-1862, sy vrou Carolina Frederika (gebore Wessels) en vier van hulle kinders: Dorothea Regina (Girlie) (f2); Pieter Hendrik (f1); Maria Elizabeth (f5) en Marthinus Emmanuel Jacobus (f3)
b1.c3.d8.e5. Alwyn Louis Henning, sy vrou Alida Elizabeth Johanna (gebore Cloete) en hul vier kinders: Ada(f4); Ella (f3) (getroud Wilke); Martie (f2) (getroud Van Niekerk) en Pieter Hendrik Barend (f1)

Pieter Lünd is 'n kleinseun van b1.c3.d8.e4. Maria Sophia Henning, gebore 28-4-1872, wat met Gustaaf Wilhelm Lünd getroud was. Die foto's hierby is van sy Henning voorsate en hulle families.


b1.c3.d8.e3. Martha Elizabeth Jacoba Henning * 4-11-1869 en haar suster Maria Sophia (e4) * 28-4-1872. Martie is die ouma van Genl Georg Meiring, wat tot onlangs Hoof van die SA Weermag was. Maria is die ouma van Pieter Lünd, wat al die foto's aan ons verskaf het b1.c3.d8.e4. Maria Sophia Henning * 28-4-1872 en haar man Gustaaf Wilhelm Lünd b1.c3.d8.e7. Pieter Hendrik Barend Henning * 26-3-1883, sy vrou Johanna Catharina (gebore Swanepoel) * 11-5-1886 en hul kinders Pieter Hendrik Barend (f3) * 15-2-1919; Ellen (f1) *10-10-1912; Jan Hendrik (f4) *12-12-1924 en Willem (f2) *29-4-1915

Die belangrikste addisionele inligting wat ons bekom het, is die feit dat b1.c3.d8. Pieter Hendrik Barend Henning, gebore 27-10-1840 en sy eggenote op die plaas Boschberg in die Rouxville distrik, op die wal van die Oranjerivier, geboer het. Hy was 'n Veldkornet van die Republiek van die Oranje Vrystaat. Gedurende die Anglo-Boere-oorlog is hy krygsgevangene geneem en tot aan die einde van die oorlog in die Belleview krygsgevangenekamp naby Simonstad aangehou.

Ons kon voorheen geen inligting ten opsigte van b1.c3.d8.e5. Alwyn Louis Henning en sy gesin bekom nie. Nou weet ons dat hy vier kinders gehad het - drie dogters en 'n seun. Die seun is na sy oupa, Pieter Hendrik Barend, vernoem. Twee van die dogters was 'n tweeling - Ella, is na haar ouma aan haar ma se kant vernoem. Sy is met 'n Wilke getroud. Martie, is na haar ouma aan haar pa se kant vernoem - Martha Elizabeth Jacoba. Sy is met 'n Van Niekerk getroud. Die baba van die familie het die naam Ada gehad. Alwyn Louis Henning en sy gesin het aanvanklik ook op Boschberg geboer, maar het later na Aberdeen verhuis.


'N NUWE ERELID

Oom Jood Henning van Melkbosstrand in die Kaap was een van die vroegste lede wat gedurende 1984 by die Familiebond aangesluit het. In die Henning geslagsregister is hy b1.c6.d3.e9.f7. Johannes Marthinus Henning. Oom Jood het op 19 Julie 1999 tagtig jaar oud geword. Daarmee word hy 'n erelid van die familiebond. Baie geluk Oom Jood.

Vir diegene wat nie weet nie - oom Jood was vir baie jare die Parlementslid vir die kiesafdeling Vanderbijlpark. Later is hy as 'n lid van die Presidentsraad aangewys. Na sy aftrede het hy na Melkbosstrand verhuis.

Ons sal dit waardeer as lede ons kan verwittig van Hennings wat 80 jaar oud word. Ons sal graag erelidmaatskap van die Familiebond aan hulle wil toeken.


Die kinders van oom Joseph. 'N HENNING

Alle families ervaar dit dat soos die kinders ouer word, trou, self kinders kry, weg trek en elders vestig, dat families al minder by mekaar uitkom. Later sien mens jou broers, susters, neefs en niggies net by huweliksonthale en begrafnisse. As families nie self 'n punt daarvan maak om bymekaar uit te kom nie, gebeur dit net eenvoudig nie.

Die foto hieronder is van die kinders van b7.c8.d5.e10. Joseph Larmor Henning * 25-11-1912 en sy eggenote Johanna Christina (gebore Van Straten) * 5-2-1917. Hulle het gedurende Maart 1999 bymekaargekom om hul oudste suster, Dorien, se sestigste verjaarsdag te vier. Die vier susters voor is van links na regs: Christa van Niekerk (f4), Dorien Fourie (f1), Santjie Barnard (f3) en Liza Brummer (f6). Agter is die twee broers Japie Henning (f5) en Olivier Henning (f2)

Ons ontvang graag foto's van ander Henning families wat ook re-unie hou.


KEN ONS LEDE

Ons probeer om die geskiedenis van een Henning gesin in elke Nuusbrief te publiseer. In hierdie verband maak ons staat op die samewerking van alle Hennings. Hoewel ons maar altyd gesukkel het om ons mense so ver te kry om hul hand op papier te lê, kon ons dit altyd regkry om 'n gesin bekend te stel. In die vorige Nuusbrief het ons stroompie heeltemal opgedroog en kon ons nie 'n enkele gesin kry om oor hulself te skryf nie.

Ons het hierna 80 Henning gesinne skriftelik versoek om vir ons iets oor hulself te skryf en om 'n foto saam te stuur. In hierdie Nuusbrief stel ons graag vir b6.c1.d3.e5.f3.g4.h6. Pieter Hendrik (Piet) Henning van Gaborone, Botswana bekend.


NOG 'N MOOI DONASIE

Geen familiebond kan sonder geld voortbestaan nie. Daarom is die Henning Familiebond verplig om ledegelde te hef. Die bestuur van ons familiebond het egter 'n paar jaar terug besluit om ledegelde so laag as moontlik te hou, om dit vir alle Hennings moontlik te maak om lid te bly. Tans is die bedrag van R35.00 wat per jaar gehef word egter nie meer voldoende om al ons verpligtinge te dek nie - veral omdat daar oor die afgelope drie tot vier jaar 'n groter wordende groep lede is wat geen bydrae maak nie. Daar word dus 'n beroep op lede wat dit kan bekostig gedoen om vir ons 'n groter bydrae te maak.

Ons is baie bly om te kan rapporteer dat verskeie van ons lede aan hierdie versoek voldoen. Die meerderheid lede stuur vir ons 'n bydrae van tussen R50.00 en R100.00

Dan is dit ook verblydend om te rapporteer dat van ons ouer lede wat nie nodig het om enige bydrae te maak nie, vir ons groot vrywillige donasies gemaak het. Ons verwys hier veral na oom Jood Henning (80) van Melkbosstrand en oom Len Henning (91) van Brakpan.

Onlangs het oom Len se jongste suster, tannie Daphne Harker (81) van Durban besluit dat sy dieselfde as haar ouboet gaan doen. Sy het vir ons 'n donasie van 'n hele paar honderd Rand van haar pensioentjie afgeknyp.

Baie dankie tannie Daphne. Dit is met donasies van hierdie aard wat die Familiebond kop bo water hou!

Met die uitstuur van hierdie Nuusbrief was daar nog 30 gesinne wat geen bydrae vir 1999 gemaak het nie.


ONS HENNING TUISBLAD OP INTERNET

So 'n paar maande terug het ons statistiek verskaf van al die mense wat na die Henning Familiebond se tuisblad op die Internet gekyk het. 'n Baie groot persentasie van die 7 270 persone wat oor die tydperk Desember 1997 tot Julie 1998 daarna gekyk het, was buitelanders.

Intussen het ons begin om ons kwartaallikse Nuusbrief (vanaf no 50) ook op ons tuisblad te laai. Die afgelope maand het ons weer bevestiging gekry dat baie buitelanders wel na ons tuisblad kyk en dat dit baie voordele inhou. In die April 1998 Nuusbrief (no 53) het ons berig oor André Henning van Bethal wat die baie seldsame siektetoestand, Hemochromatose opgedoen het. Gedurende Julie kry ons 'n e-pos boodskap uit Nederland van Philip de Sterke van die Nederlandse Leverpatienten Vereniging, waarin hy aandui dat hy die artikel oor Andre gelees het. Hy doen sekere aanbevelings, onder andere dat André gerus op die Internet na http://members.tripod.com/~hemochromatose/linkseng.html kan gaan kyk. Hier sal hy baie inligting oor die siektetoestand kry.

Dit wys ons net hoe wyd ons Nuusbriewe en ons Internet Tuisblad gelees word.


MEES VRUGBARE HENNINGS

Dit is algemeen bekend dat die blanke bevolking van Suid-Afrika elke jaar kleiner word. Baie mense dink dat die politieke toestand in die land hiervoor verantwoordelik is, omdat so baie blankes die land permanent verlaat. Ons verneem selfs van Hennings wat dit oorweeg om te emigreer.

Die hoof oorsaak is egter die lae geboortesyfer onder blankes. Dit is uitsonderlik as blankes deesdae meer as twee tot drie kinders het. Waar is die dae van lekker groot families, toe vyf, ses of meer kinders die norm was.

Ons het so 'n bietjie ondersoek ingestel om te bepaal wie was die grootste Henning gesinne in die geskiedenis. In al die gevalle het al die kinders egter nie groot geword nie. Verskeie is as babas of klein oorlede. Dan het ons ook gevind dat die vrouens van verskeie mans vroeg oorlede is (dikwels tydens die geboorte van 'n baba), dan het hulle weer getrou en ook kinders by die tweede, derde en selfs vierde vrou gehad.

Hier is die 16 mees vrugbare Henning mans:

b6.c1.d1. Willem Frederik Henning * 27-6-1827 - 25 kinders (11 seuns, 14 dogters)

b1.c8. Charl Gerhardus Henning * 4-5-1815 - 20 kinders (7 seuns, 13 dogters)

b1.c6. Johannes Stephanus Henning * 18-7-1814 - 18 kinders (12 seuns, 6 dogters)

b7.c2. Martinus Christoffel Henning * 10-4-1820 - 18 kinders (6 seuns, 12 dogters)

b5.c1.d3.e11. Jacobus Cornelis Henning * 15-2-1874 - 16 kinders (4 seuns, 12 dogters)

b1.c6.d3. Pieter Hendrik Henning * 30-7-1840 - 16 kinders ( 7 seuns, 9 dogters)

b5.c2. Pieter Hendrik Henning * 8-9-1804 - 16 kinders ( 3 seuns, 13 dogters)

b5.c1.d3.e1. Jan Andries Henning * 1-3-1854 - 15 kinders (7 seuns, 8 dogters)

b7. Gert Frans Henning * Apr 1785 - 15 kinders (6 seuns, 9 dogters)

b6.c4.d1.e5.f3. Willem Frederik Henning * 29-4-1886 - 14 kinders ( 6 seuns, 8 dogters)

b6.c4.d1.e5. Willem Hendrik Henning * 27-4-1860 - 14 kinders (7 seuns, 7 dogters)

b1.c3. Jan Hendrik Henning * 17-5-1805 - 14 kinders (11 seuns, 3 dogters)

b1.c3.d4.e8.f4. Anthonie Willem Henning * 20-11-1895 - 13 kinders (6 seuns, 7 dogters)

b6.c1.d1.e9. Willem Nicolaas Henning * 23-5-1870 - 13 kinders (6 seuns, 7 dogters)

b6.c3.d11. Cornelis Rudolf Henning * 28-1-1847 - 13 kinders ( 8 seuns, 5 dogters)

b6.c4.d1. Willem Frederik Henning * 25-10-1829 - 13 kinders (6 seuns, 7 dogters)


'N KLEINDOGTER VIR BONDSEKRETARIS

Bondsekretaris Olivier Henning en vroutjie Charlotte het op 1 Junie 1999 weer oupa en ouma geword. Hul dogter Hannelie, wat met Esra Swanepoel getroud is, het op 1 Junie 1999 die lewe geskenk aan 'n dogtertjie, wat Estie genoem gaan word.

Ouboet Louis (2 jaar) is baie ingenome met sy nuwe sussie.


b6.c1.d3.e5.f3.g4.h6. PIETER HENDRIK (PIET) HENNING

Piet, Deidré, Hendrik, Bryan en Pieter woon nou al 2 jaar in Botswana. Piet is die onderhouds- en ingenieursbestuurder van 'n veselglas pyp aanleg in Gaborone. Deidré is 'n fisioterapeut wat nie praktiseer in Botswana nie, maar wel skool gee vir kleuters. Die kinders moes die verskuiwing maak na Engels in die skool en het dit suksesvol gedoen. Almal is gelukkig, maar verlang vreeslik na Somerset-Wes waar hulle 8 jaar gewoon het voordat hulle Botswana toe is. Botswana is rustig en naby genoeg om steeds deel van familie ens te wees. Piet het in 'n veselglas aanleg gewerk op Somerset-Wes en die aanleg is gekoop deur die firma vir wie hy nou werk. Toe die probleme in die Botswana aanleg te veel raak het hulle hom genader om daar te werk. Hoe groter die probleem, hoe gelukkiger is Piet.

Piet se statistieke: gebore in Indwe, Oos Kaap, op 21/4/60. Skool gegaan in Somerset-Wes Primêr en Hoërskool Hottentots Holland in Someset-Wes. Matrikuleer in 1978, doen weermag en dies meer in Potchefstroom die twee volgende jare. Studeer meganiese ingenieurwese aan die Kaapse Technikon en werf NHD aan die einde van 1984. Ontmoet vir Deidré in Maart 1982 en trou 21 Desember 1985. Kinders gebore: 21/12/87, 14/1/90 en 7/1/93.

Piet se ouers kom van ver af. Sy Pa, Hendrik, is gebore uit die Afrikaners wat na Argentinië (Chebut, in die suide) getrek het met die draai van die eeu . Sy Pa het op 30 jarige leeftyd SA toe gekom (1947) en is oorlede in 1981. Sy Ma, Elmar, is 'n Hollander wat in Jakarta, Indonesië, gebore is toe haar ouers daar diens gedoen het. Sy is op 3 jarige leeftyd saam met hulle terug Holland toe en was 21 toe sy saam met haar ouers na SA gekom het.

Hulle is in Bloemfontein getroud. Piet sê met sy ouers se agtergrond en nasionaliteite is hy nie die standaard Afrikaner seun nie, ten spyte van die feit dat hulle probeer het om hul kinders Afrikaans groot te maak.

Deidré is 'n Pretorianer wat op Stellenbosch studeer het. Sy was die kamermaat van Gertruida, Piet se niggie en dogter van Martin en Lilla Henning. Gertruida het vir Piet 'n "blind date" gereël toe hy in die nood was en na 'n dans uitgenooi was. Hy kon nie 'n meisie vir die aand kry nie en sy niggie moes toe inspring. Deidré was nie lus vir nog 'n blind-date nie en stem toe maar in om dit vir die LAASTE keer te doen. Inderdaad was dit toe nie weer nodig nie en die res is geskiedenis. Die twee is baie gelukkig getroud en Piet reken die geheim lê in die raad wat sy vriend Gerjo van der Merwe vir hom gegee het. As julle saam die Here dien en saam bid, is julle probleme min en oplosbaar. Probeer dit, dis goeie raad.

Deidré reken die feit dat albei klipkoppe is help om verhouding gesond en vurig te hou. Sy is 'n afstammeling van die Engelbrechts (haar nouensvan is Muller). Die Engelbrecht wat met een van die eerste Hennings getroud was kon dalk, groot dalk, familie gewees het. Hoes daai vir tradisie??

Hendrik, 11 jaar oud, is hul oudste seun, hou net so baie van 'n rekenaar as sy Pa en hou meer van sport as die res van die gesin saam. Bryan, 9 jaar oud, is die middelman en werk atyd aan alles saam met sy Pa. Hy is die "gerageman" soos hy sy pa genoem het toe hy 4 jaar oud was. Pieter, 6 jaar oud, is die gesin se vermaker, hy en Pa sorg dat daar pret is. Hy is nog klein genoeg om rondgegooi en geknyp te word. Al drie die seuns help hulle Ma met skottelgoed, huiswerk ens om nie eers te praat van hoe hulle vir hul Pa help nie. Hulle kry vol punte!!. Miskien onthou julle die familie wapens wat hulle vir hulle self gemaak het en wat 'n paar jaar terug in die Henning Nuusbrief (No 40/Nov 1994) was. Die deurlopende tema was: Lief vir Jesus en bang vir niks. Hul ouers is trots op hulle.

Piet se stokperdjie is om rekenaarprogramme te skryf. Hy het 'n web blad (website) waar julle sy werk kan aflaai. Onder andere 'n Bybelvers program in Afrikaans. Mense reg oor die land het al getruig hoe die versies hulle vrae beantwoord het op die regte tyd en hoe hulle geseënd was met die Woorde. As julle gou maak kan julle inskryf vir 'n kompitisie waar 5 mense elke dag sy Foto Album program wen. Dit is op die Henningblad en ook op sy web blad. Voorspoed!! Verder is daar ook die resep van die "geheime" sous wat oor vleis ensovoorts gegooi word. Die resep en manier van braai kom van Argentinië af en die agtergrond daarvan is ook op sy blad. Besoek die blad, druk (print) die resep en maak die sous. Mense so ver soos Noorweë en Engeland het hom al laat weet dat hulle die resep gemaak het en dat dit lekker dit is.

Piet se broers en susters is wyd versprei. Twee broers in die Kaap, een suster op die water naby Suid Amerika (of al verder om die aardbol), een suster in Holland en nog een in Namibië. Familie ruinnies is ongelukkig onmoontlik, want dis nogal sports as die spul Hennings op dieselfde werf is, veral met aangetroudes en kinders daarby. Een broer, Jan, is op die Henningbond se bestuurskomitee.

Elmar, Piet se Ma, woon steeds op Somerset-Wes en is baie gevorderd met 'n rekenaar en e-pos . Op 70 oefen sy nog elke oggend vir die "Comrades". Piet is baie trots op sy Ma en die gesegde wat sê daar is 'n vrou agter elke suksesvolle man is vir hom baie waar in beide sy Pa en sy eie geval. "Sonder my vrou is ek in GROOT moeilikheid. Die Here het geweet wat Hy doen toe hy dié eenheid gemaak het. Boonop is my vrou my grootste pêl en nog mooi ook. Hoe lekker kan 'n man dit dan nou hê??" Dit is Piet se woorde met 'n groot glimlag, die ou is behoorlik in sy noppies. Julle kan hom e-pos by piet@henning.org of sy blad besoek by: http://www.piet.henning.org

Sy huisnommer in Gaborone is ++267 322762 (vir SA is die ++ 09) e-pos adresse van die ander familie is:

Elmar: ehenning@mweb.co.za

Mieke: miekehenning@hetnet.nl

Jan: janhenning@usa.net

Irene: irenevonw@usa.net

Gerard: yhenning@mweb.co.za