Geskiedenis |
Met die stigting van die eerste gemeente van die Gereformeerde Kerke in die Kaapkolonie gedurende Januarie 1860, op die plaas Roosterhoek, distrik Albert (Burgersdorp) was Joseph Jooste en sy vrou teenwoordig. Hulle vierde kind, Andries Gerhardus, is die eerste baba wat in die nuwe gemeente gedoop is. Hulle boer op die plaas Heuningkrans, op die wal van die Oranjerivier, in die Noord-Oostelike hoek van die distrik Albert. Sy vader en sy broer Willem Frederik boer op die aangrensende plase Rhenosterhoek en Modderbult
|
|