Geskiedenis |
Tydens die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1900 woon hy op die plaas Tygerhoek in die Rouxville distrik. Hy dien in die Rouxville Kommando - Laer Caledon Veldkornetskap. Hy word op 30 Julie 1900 saam met ongeveer 4 000 burgers van Genl Prinsloo se gevegsmag by Fouriesburg krygsgevangene geneem en in die Diyatalawa Krygsgevangenekamp, te Ceylon aangehou. Mettertyd gaan boer hy op die plaas Gubenxakroon in die Ugie distrik, totdat hy kort na sy jongste kind se geboorte na die Rand verhuis. Hy was onder andere die eienaar van ’n begrafniskoets, wat nog deur perde getrek is, asook ’n aantal renperde.
|
|